'n Heerlike lafenis

 

'n Saterdagkuiertjie by Eseltjiesrus

Eseltjiesrus is meer as 'n donkie "sanctuary". Die plek waar mense met groot liefde vir die weggooidonkies van die lewe 'n tweede kans gee. Die woord "sanctuary" kan onder andere vertaal word met reservaat of heiligdom. En na my besoek Saterdag wil ek graag Eseltjiesrus met die laaste woord assosieer. Maar dis nie net donkies wat baat by besoekers nie, besoekers ervaar ook vreugde uit hierdie besoeke. In hierdie Covid-19-tyd waarin ons amper sosiaal afgestomp en apaties leef, kan 'n mens oneindige vreugde en energie uit die wyses, met hul sensitiewe aanvoeling, put.