Donkieliefde

My liefde en bewondering vir donkies ken geen perke nie. Ek lees die volgende interessante feite op die internet van donkies en deel dit graag hier met julle.

1. Donkies het 'n ongelooflike geheue! Hulle is instaat om 'n plek of persoon wat hulle 25 jaar laas gesien het te herken.
2. Hulle groot ore help hulle om af te koel.
3. Donkies kan aanvoel wanneer 'n omgewing gevaarlik is en sal dan weier om 'n tree verder te gee ... Baie mense verwar dit met hardkoppigheid, maar inderdaad is dit insig ... of dalk is hulle ook soos die vroue geseënd met 'n sesde sintuig.
4. Hierdie diere hou nie van reën nie, want hul pels is nie waterdig nie. Indien hul vir lang periodes in die soort weer is, kan dit hul gesondheid beinvloed.
5. Kan jy glo dat 'n donkie daarvan hou om in die grond te rol? 
6. Die donkie kan depressief raak indien hulle alleen gelaat word. Is dit nie maar net soos wat ons mense is nie? Hierdie diere is veral tropdiere. 
7. 'n Donkie en perdkruising word muile genoem.
8. In die antieke tye is 'n donkie se melk nie net as voedsel gebruik nie maar ook vir kosmetiese produkte. 9. Wanneer 'n donkie huil kan dit tot 3km ver gehoor word.
10. Die donkie dra haar vul vir 11-14 maande.

[Rosestad 100.6 FM ]