Internasionale Donkiedag

8 Mei is wêrelddonkiedag. 

Die enigste manier om die mense se aandag wêreldwyd op die deugde van die donkie te vestig en die rol wat die donkie in die geskiedenis van die mens gespeel het, is om 'n internasionale donkiedag te hê.

Wie se idee was dit om 'n dag aan die nederigste van nederige diere af te staan?

Dié dag is die breinkind van Raziq Ark. 'n Wetenskaplike wat hoofsaaklik geïnteresseerd was in woestyndiere. Hy het so 'n ruk terug agtergekom dat niemand regtig die rol wat die donkie gespeel het en nog steeds speel erken nie. Inteendeel, baie donkies wat nog steeds diens doen, word sleg behandel en ook mishandel. Dankie tog, vir 'n plek soos Eseltjiesrus - 'n stukkie paradys vir elke donkie.

Kontak (023 625 1593) gerus vir Eseltjiesrus en maak 'n bydrae om hierdie afgetrede, voorheen hardwerkende esels se lewe makliker te maak. 

Kontakdetails
Tel: +27 (0) 23 625 1593
Fax: +27 (0) 86 614 7777
E-pos: info@donkeysanctuary.co.za
GPS: S33° 55' 32.85", E19° 51' 58.32"