'n Skuinsgedagte vir vandag

Terug na HOME PAGE


*As Cleopatra nie elke dag in vars donkiemelk gebad het nie, dan het sy soos 'n mummie gelyk lánk voordat sy dit geword het.

*Ek moet gedurig my selfoon laai. As dit kos was wat ek hom elke keer gevoer het, dan was hy nou so groot soos 'n 150cm flat screen TV.

*Aan my huisdokter: Hier is ou juffrou ipekonders alweer. Maar noem my asb tog Ipe, ek hou nie van die woord konders nie.

*My huisdokter wat daarop aandring dat ek baie water moet drink - ek is nie die Vaaldam wat 100% vol water moet wees nie.

*Base is harteloos. Die beste baas wat ek ken, is ekself - alles is geoorloof, goed én sleg.

*Ek kan regtig nie vandag in die reën uitgaan nie, dit is net Gene Kelly wat in die reën gesing en gedans het.

*As die Gautengers wyn oor hulle ontbyt weetbix gooi, dan is hulle alkoholiste; as die Kapenaars wyn oor hulle ontbyt weetbix gooi, dan is dit kultuur.

*Maak asof jy kleurblind is en jy sal nooit 'n blou Maandag hê nie.

*Meerkatte kan oorleef sonder om water te drink. Hulle dieet bestaan uit vrugte en plante. Ek gaan nou my lyf meerkat hou en vrugte én plante eet.

* (by winkels) Kyk my grys hare, ek is 'n gogo, ek mág dom en stadig wees. Jy gaan ook eendag 'n gogo wees.

*(bont gesig ná my vallery) Ek kwalifiseer nou as 'n inkleurboek. Wonder wíe gaan kom inkleur?

*(moeg ná inkopies) Weke se moeg het in my lyf kom lê.

*Dit is darem só stil hier, ek sit met my tone en speel, maar ek moet dit ordentlik doen want binnekort gaan ek nie meer my tone bykom nie.

*Ons naelsalon het nog nie oopgemaak ná die inperkings nie, nou het ek myself 'n pedi gegee. Hoekom noem hulle dit pedi, hoekom nie tswana of zoeloe nie?

*Hierdie baie water drink is sommer nonsies. Het enigiemand al daaraan gedink om niere te vra of hulle baie water wil hê?

*As ek só vol water moes gewees het, dan het die Here my 'n vis gemaak.

*(ek hou nie van die spieël in Dikhololo chalet nie) Ek het nét twee hare, as ek in die spieël kyk, lyk dit na minus 20 hare.

*(dieselfde spieël) As ek in die spieël kyk, lyk ek so vet, ek kyk wie staan langs my.

*(my vriendin het haar bloeddruk meds gestaak, sy gaan nou beet eet) As beet regtig só goed is vir allerhande siektes, hoekom word beetmedisyne nie gemaak nie, dan kan die dr 'n resep vir 'n beetgereg saam met die voorskrif uitskryf.

*(bont gesig ná my vallery) My pa het toestemming gegee dat ek grimering mag gebruik, maar dit lyk meer asof ek vir Halloween oefen.

No comments:

Post a Comment