Wees wakker en versigtig

Vies vir ou wat gebel het, van die bedrogafdeling, iemand het my kaart gebruik vir aankope. Wil die kaartnommer hê, ek sit die foon neer, bel my weer, hoekom sit ek die foon neer bla bla bla ...

En ek het geantwoord ... Ek kry 'n  boodskap van transaksies. Absa het hulle eie bedrogtak.

(Ongevraagd bars hulle jou ruimte binne en skend jou privaatheid. Vir hierdie tegnologiese kriminele help diefwering, veiligheidshekke en alarms nie. Ouer generasies en vroue word geteiken. Met fluweelstemme klink hierdie geslepe jakkalse so hulpvaardig, maar hulle doen dit nie om hulp te verleen nie, maar om jou hulpeloos te los met skade wat jy nie weet hoe jy gaan herstel nie.) 

'n Skuinsgedagte vir vandag

Aan my huisdokter: Hier is ou juffrou ipekonders alweer. Maar noem my asb tog Ipe, ek hou nie van die woord konders nie.


Klik HIER vir nog skuinsgedagtes!!

MAMMA EK WIL NIE 'n MAN Hê NIE

*ek wil nie 'n jongman hê nie - ek wil nie popspeel nie;
*ek wil nie 'n oujongkêrel hê nie - hy kleef aan sy ma se rokspante vas;
*ek wil nie 'n getroude man hê nie - hy sal nóóit sy vrou en kinders verlaat nie;
*ek wil nie 'n geskeide man hê nie - hy en sy eks is gedurig in gevegte betrokke met die kinders as ammunisie;
*ek wil nie 'n wewenaar hê nie - hy treur vir die res van sy lewe oor sy oorlede vrou; en
*ek wil nie 'n ouman hê nie - ek wil nie verpleegster speel nie.

Niemand bly oor nie.

Saterdagmiddag se smaaklike skons saam met tee


Net voor beurtkrag toeslaan en die son water trek, is dit die ideale tyd om die warm skons uit die oond te haal en dit te bedien met 'n soet rissiesous en kaas. 'n Heerlike potjie tee rond die bederfie af.

Kontak my gerus vir dié unieke resep of besoek HIERDIE BLOG of gaan kuier by Radio Namakwaland.

'n Skuinsgedagte vir vandag

Maak asof jy kleurblind is en jy sal nooit 'n blou Maandag hê nie.


Klik HIER vir nog skuinsgedagtes!!

Hansel and Gretel: 'n Skuinsgedagte vir vandag

Meerkatte kan oorleef sonder om water te drink. Hulle dieet bestaan uit vrugte en plante. Ek gaan nou my lyf meerkat hou en vrugte én plante eet.
 
Klik HIER vir nog skuinsgedagtes!!

'n Skuinsgedagte vir vandag

Miskien moet ek maar hou by niksdoen, daarmee is ek uitstekend, sal selfs klasse kan aanbied maar dan is dit mos nie meer niksdoen nie, klink amper na werk!

Klik HIER vir nog skuinsgedagtes!!

Nostalgie - 'n reis in jou gemoed na die onthou van gister

Die oorslaap in hierdie gastehuis kan nostalgiese waarde vir die reisiger hê wat vir 'n aand of twee daar vertoef. Ek het vroeër die woord nostalgie met heimwee, die terugverlang na dinge wat verby is, geassosieer ... Baie van dié artikels in die gastehuis kom uit 'n era baie jare voor tegnologie - my kuiers by oupa en ouma lê vasgevang in soortgelyke artikels, met stories van hul eie, maar as ek deesdae die woord nostalgie hoor, dink ek dadelik aan Laurika Rauch se liedjie. Beter en mooier kon ek nie die gevoel saamgevat het nie.

Gaan luister gerus HIER na die mooi van gister. 

Die woorde van die lied kan jy HIER kry en klik HIER om die res van my gastehuisfoto's te sien.