Wees wakker en versigtig

Vies vir ou wat gebel het, van die bedrogafdeling, iemand het my kaart gebruik vir aankope. Wil die kaartnommer hê, ek sit die foon neer, bel my weer, hoekom sit ek die foon neer bla bla bla ...

En ek het geantwoord ... Ek kry 'n  boodskap van transaksies. Absa het hulle eie bedrogtak.

(Ongevraagd bars hulle jou ruimte binne en skend jou privaatheid. Vir hierdie tegnologiese kriminele help diefwering, veiligheidshekke en alarms nie. Ouer generasies en vroue word geteiken. Met fluweelstemme klink hierdie geslepe jakkalse so hulpvaardig, maar hulle doen dit nie om hulp te verleen nie, maar om jou hulpeloos te los met skade wat jy nie weet hoe jy gaan herstel nie.) 

No comments:

Post a Comment