Terug na HOME PAGE
| 
   Herlees en herkou  | 
 
| 
   * Hoekom kom die geweldige probleme van die lewe nie
  wanneer 'n mens net sewentien jaar is en alles weet nie?  | 
 
| 
   * Delf gerus af en toe in die verlede. Meer as een
  uitgewerkte myn het al waardevolle diamante opgelewer.  | 
 
| 
   * Status word ten duurste 
  gekoop, maar dit het geen tweedehandse waarde nie.  | 
 
| 
   * Moenie jou talente begrawe en verwag dit sal groei nie.  | 
 
| 
   * Liewer dood aan slytasie as aan verroesting.  | 
 
| 
   * Die lewe is 'n maalsteen, of dit jou maal of poleer,
  hang af van die materiaal waarvan jy gemaak is.  | 
 
| 
   * 'n Vrou se beste vriende is haar tien vingers. Gebruik
  hulle dus om goed mee te werk.  | 
 
| 
   * Vermy versoeking uit vrees dat jy dit nie sal kan
  weerstaan nie.  | 
 
| 
   * Jy kan nêrens 'n perd se diens kry vir 'n donkie se prys
  nie.  | 
 
| 
   * Al wat enige vrou van haar man verwag, is dat hy haar
  liefhet en haar gebooie onderhou.  | 
 
| 
   | 
 
No comments:
Post a Comment