ONS PA


Pa jy het diep spore in ons lewens getrap.
Ons geleer van harde werk en lojaliteit.
Jy het nooit een dag jou pligte verslap.
Ons nooit oor enige iets verwyt.

Getrou was jy aan jou Here en jou gesin.
In al die swaarkryjare het vas gestaan.
Jy was altyd getrou op jou pos deur dik en dun.
Met eerbare beginsels het jy deur die lewe gegaan

Jou dogter sou graag 'n man soos jy wou gehad het.
Jou seuns sou graag 'n pa soos jy wou wees.
Die herinneringe wat jy nagelaat het.
Bly in ons almal se harte en gees.

Ons mis jou nog pappa na al die jare.
Ons tel nog jou ouderdom waar jy nou sou wees.
Vir ons het die verlede met jou groot waarde.
Ons mis pa nou in hierdie tyd van Covidvrees.

[Tom de Koker]

Teater: My Oom se Vrou se Plekkie

Gaan loer HIER na my uitstappie na die Atterbury Teater.

PA

Meisie, Tom en Fanie by ons pa. 

Pa ek skryf hierdie gediggie vir jou
en ek dink dat jy dit daar ver steeds weet.
In ons harte sal ons jou altyd onthou,
hoe sal ons ooit so 'n wonderlike Pa vergeet.

Pa ons het so baie by jou geleer,
van liefde en omgee en van respek en eer.
Van kleins af het jy ons van Jesus vertel
en ons geleer van die skepping, hemel en die hel.

Pa jy het ons geleer om altyd eerlik te wees
en dat dit nie 'n skande is om arm te wees nie.
Van kleins af het jy vir ons uit die Bybel gelees.
Ons geleer om nie minderwaardig te wees nie.

Pa ons het jou nooit hoor harde woorde vir moeder sê.
Ons weet jy het haar lief gehad met jou hele hart.
Die dag toe moeder by Jesus se voete gaan lê,
kon ons sien hoe het jy getreur met pyn en smart.

Pa ons het gesien hoe jy hunker en verlang.
Jou lewensmaat kon jy nooit vergeet.
Niemand sou ooit haar plek kon vervang.
Julle twee se lewens was saam afgemeet.

Pa ons dink nog jaar na jaar aan jou.
Ons herdenk nog elke jaar jou dood.
Jou verjaarsdag sal ons gereeld onthou.
Ons verlange en die gemis bly groot.

[Tom de Koker]

Broer Tom vra: ...

Hoe kunstig was my Moeder?

Dit gaan baie, baie jare terug. Haar vermoë om met 'n naald en gare te toor. Hoe sy Meisie se rokkies gesmok het en al ons kleertjies gemaak het.

Sy was 'n baasbakster. Van kleinkoekies tot die grootste gebak. Vrugtekoeke was haar spesialiteit. Sy het ouboet Theo se troukoek gebak. Die versierings in daardie tyd, was troukoeke met vlerkies. Sy het elke laag se vlerkies presies dieselfde gemaak. 

Sy het verskeie toekennings by die VLU gekry vir haar bakwerk. Sy het ook haar ander twee seuns se troukoeke gebak. Sy was ook 'n spesialis met haar koeksisters. Sy kon maklik sestig dosyn koeksisters vir 'n kerkbasaar bak en al sestig was ewe groot.
Koekversierings het sy met soveel passie aangepak, dat elke vrugtekoek 'n wenner was.
In haar kombuis was sy die koning. Sy het selfs Allen Park se tuiste se kombuis behartig en maaltye vir 5o tot 60 mense voorberei.

Sy het later jare in haar aftreetyd met houtsneewerk begin. Ook daarvan het sy 'n reuse sukses gemaak. 
Sy het verskeie muurhorlosies gemaak, kapstokke, sleutelhouers, hoekrakke en spieëls.
Geen uitdaging was vir haar te groot nie. 

Sy was voorwaar kunstenaar in haar eie reg.  

Lewenswaarhede

Kom maak 'n draai HIER by lewenswaarhede wat
ek graag kombineer met blomme uit my tuin of
met my kaartjies. 

 

Mr Delivery tot u diens

Koop al jou geskenke by Eseltjiesrus se geskenkwinkel
en slaan twee vlieë met een klap. Gaan loer
HIER om van die geskenke-idees te sien. 


 

Houtsneejuwele uit my ma se hand

My ma se handewerke pryk in haar kinders
se huise - juwele waarvan die waarde ver
bo dié van korale is. 
Gaan kyk
HIER na nog van haar
houtsneewerk.

 

Donkiedierbares

Kom kuier gerus vir my HIER. Ek is baie 
ouliker as wat jy ooit kan dink!