Hoe kunstig was my Moeder?
Dit gaan baie, baie jare terug. Haar vermoë om met 'n naald en gare te toor. Hoe sy Meisie se rokkies gesmok het en al ons kleertjies gemaak het.
Sy was 'n baasbakster. Van kleinkoekies tot die grootste gebak. Vrugtekoeke was haar spesialiteit. Sy het ouboet Theo se troukoek gebak. Die versierings in daardie tyd, was troukoeke met vlerkies. Sy het elke laag se vlerkies presies dieselfde gemaak.
Sy het verskeie toekennings by die VLU gekry vir haar bakwerk. Sy het ook haar ander twee seuns se troukoeke gebak. Sy was ook 'n spesialis met haar koeksisters. Sy kon maklik sestig dosyn koeksisters vir 'n kerkbasaar bak en al sestig was ewe groot.
Koekversierings het sy met soveel passie aangepak, dat elke vrugtekoek 'n wenner was.
In haar kombuis was sy die koning. Sy het selfs Allen Park se tuiste se kombuis behartig en maaltye vir 5o tot 60 mense voorberei.
Sy het later jare in haar aftreetyd met houtsneewerk begin. Ook daarvan het sy 'n reuse sukses gemaak.
Sy het verskeie muurhorlosies gemaak, kapstokke, sleutelhouers, hoekrakke en spieëls.
Geen uitdaging was vir haar te groot nie.
Sy het verskeie muurhorlosies gemaak, kapstokke, sleutelhouers, hoekrakke en spieëls.
Geen uitdaging was vir haar te groot nie.
Sy was voorwaar kunstenaar in haar eie reg.
No comments:
Post a Comment