Kiekievlytigevingers deel 1

 Terug na HOME PAGE


'n Kiekie spreek 'n duisend woorde ...

Wie het nie al deur 'n stowwerige kiekieblik of kiekieboks gesnuffel en op juwele afgekom nie. Foto's wat jou na aan trane gehad het, jou laat lag het of die heimwee oor 'n oorlede familielid of vriend soos 'n klip op jou hart laat sit het.

'n Foto is 'n magtige ding ...
dis 'n manier om herinneringe vir 'n ewigheid vas te vang en te verklaar:
Dit is ek, dit is my storie ...

Spesiale groetekaartjies
 













Toeka se uit-die-hart-groetekaartjies
 

In die antieke tyd is katte as gode aanbid;
hulle het dit nog nooit vergeet nie.
- ons leef nie meer in die antieke tyd nie.
Liewer dood aan slytasie as aan verroesting.

As jy nog nie lief was vir 'n dier nie,
sal 'n deel van jou siel nooit ontwaak nie.
- dan is my siel in permanente hibernasie wees.

Vermy versoeking uit vrees dat jy
dit nie sal kan weerstaan nie.
Al wat enige vrou van haar man verwag,
is dat hy haar liefhet en haar gebooie onderhou.
As katte kon praat, sou hulle dit nie wou doen nie.
- 'n jammerte, want dan sou hulle nie snags so
tekere gegaan het nie.
Diere is betroubaar, meestal liefdevol, opreg
in hul toegeneentheid, voorspelbaar in hul optrede,
dankbaar en lojaal. Dit is hoe standaarde vir
mense om na te streef.
- nou hoekom is hulle dan nie ook mense nie?
Status word ten duurste gekoop,
maar dit het geen tweedehandse waarde nie.
Moenie jou talente begrawe en
verwag dit sal groei nie.


Delf gerus af en toe in die verlede.
Meer as een uitgewerkte myn het al
waardevolle diamante opgelewer.
Hoekom kom die geweldige probleme
van die lewe nie wanneer 'n mens net sewentien
jaar is en alles weet nie?

'n Klein katjie is in hierdie wêreld wat 'n roosknop
in 'n tuin is.
- word klein katjies nie groot rondloperkatte nie?

Die lewe is 'n maalsteen,
of dit jou maal of poleer,
hang af van die materiaal waarvan jy gemaak is.

'n Vrou se beste vriende is haar tien vingers.
Gebruik hulle dus om goed mee te werk.


Jy kan 'n hond vertrou om jou huis
op te pas, maar moenie hom ooit vertrou
om jou toebroodjie op te pas nie.
- net jou toebroodjie?
Diere is sulke aangename vriende -
hulle vra nie vrae nie en hulle kritiseer nie.
- maar 'n mens kan nie by hulle geld leen nie.
'n Hond is deel van 'n huisgesin nie net sommer
'n ding wat weggegooi kan word nie.
- dankie ek het ouers gehad en ek het nog
steeds broers.
Min-moeite papierdoilies

Hierdie min-moeite papierdoilies bly maar 'n staatmaker en dit is bekostigbaar, alhoewel sommiges meen dit is kitch.

Soek jy na iemand wat elke dag na jou sal luister,
alles sal doen wat jy hulle aansê om te doen en
altyd daar vir jou sal wees in lief en leed, kry 'n hond.
- as dit waar is, kry ek môre 'n paar honde om my huishouding
waar te neem, rekeninge betaal, ens.
Jy kan nêrens 'n perd se diens kry vir 'n donkie se prys nie.

Gaan kuier HIER by: Kiekievlytigevingers - deel 2

No comments:

Post a Comment