Terug na HOME PAGE
Op laer- en hoërskool het ek nooit in enigiets uitgeblink nie - nie op akademiese- of sportgebied nie. 'n Leerder van gemiddeldes, 'n dromer wat nooit met onderskeiding sou slaag nie, maar wat darem nooit enige vakke of grade gedruip het nie. Huishoudkunde het darem vir 'n vreugdetjie, nl. naaldwerk, gesorg. Die kookkunsdeel was 'n las vir die gees.
In Estcourt Laerskool was aardrykskunde my gunstelingvak en ek wou my gunstelingonderwyseres, mev. Maritz, nooit teleurstel nie. As beloning ontvang ek 'n spesiale boekprystoekenning, WIE IS SYLVIA?, in 1955 in st. V (nou graad 7).
Haar dogter, Marinda, was my beste maat. Onthoudinge is die kuiertjies op hulle plaas, die andersheid van die plaaslewe, die vrugtelose pogings om my, die vreesbevange dorpskind/japie te leer perdry! en die gesellige rondlê- en rondsitaande voor die winterkaggelvuur wat met droë mieliestronke gestook is.
Eenvoudige, klein dingetjies maar mooi herinneringe wat in my geheuebank gedeponeer is.
Mev. Maritz, Meisie de Koker en Marinda Maritz |
As beloning vir my harde werk, ontvang ek 'n spesiale boekprystoekenning, WIE IS SYLVIA? in 1955 in st. V (nou graad 7). |
Nou is dit LIDA ...
Ons het in 'n huis grootgeword waar die kerk en kerkbywoning 'n belangrike rol gespeel het. Met ons ma as Sondagskoolonderwyseres, was dit logies dat die De Kokertjies sou uitblink in die jaarlikse landwye Bybelkenniseksamen. Soms nogal, met die hoogste slaagsyfer, 100%, in die Unie. Natuurlik danksy die Sondagskoolonderwyseres wat geen nonsens geduld het nie, veral nie van haar eie woelige bloedjies.
Een van my boekepryse wat behoue gebly het, is LIDA KEER TERUG, 'n Christelike roman, wat in 1958 toegeken is.
(NG Kerk Standerton-Wes).
Vir getroue Sondagskoolbywoning is 'n sertifikaat en jaarlikse seels toegeken.
Myne het, soos die van vele ander kinders, iewers verlore geraak. Tog 'n jammerte.
Ek was in st. 7 & 8 in Standertonskool |
Klik HIER en gaan kuier
by die loopraamboeke!
No comments:
Post a Comment