PA

Meisie, Tom en Fanie by ons pa. 

Pa ek skryf hierdie gediggie vir jou
en ek dink dat jy dit daar ver steeds weet.
In ons harte sal ons jou altyd onthou,
hoe sal ons ooit so 'n wonderlike Pa vergeet.

Pa ons het so baie by jou geleer,
van liefde en omgee en van respek en eer.
Van kleins af het jy ons van Jesus vertel
en ons geleer van die skepping, hemel en die hel.

Pa jy het ons geleer om altyd eerlik te wees
en dat dit nie 'n skande is om arm te wees nie.
Van kleins af het jy vir ons uit die Bybel gelees.
Ons geleer om nie minderwaardig te wees nie.

Pa ons het jou nooit hoor harde woorde vir moeder sê.
Ons weet jy het haar lief gehad met jou hele hart.
Die dag toe moeder by Jesus se voete gaan lê,
kon ons sien hoe het jy getreur met pyn en smart.

Pa ons het gesien hoe jy hunker en verlang.
Jou lewensmaat kon jy nooit vergeet.
Niemand sou ooit haar plek kon vervang.
Julle twee se lewens was saam afgemeet.

Pa ons dink nog jaar na jaar aan jou.
Ons herdenk nog elke jaar jou dood.
Jou verjaarsdag sal ons gereeld onthou.
Ons verlange en die gemis bly groot.

[Tom de Koker]

No comments:

Post a Comment