Donkiedonasies vir die geskenkwinkel

2020 is 'n jaar waaroor mense boekdele kan skryf. Ek en Alda het besluit om vir die geskenkwinkeltjie op Eseltjiesrus te werk. Hier is 'n paar van die artikels - party van hulle is nog in wording. Ons het ook hulp van Elmari af gekry. Binnekort pronk daar nuwe stukke op Eseltjiesrus se rakke. (Ons twee werk elke jaar vir 'n basaar of twee - maar Covid-19 het 'n stokkie voor die meeste basare gesteek. En die kerke wat nog 'n basaar gehou het, het net braaivleis, kerrie-en-rys en pannekoek verkoop - die tafels waarvoor ons altyd werk, het soos mis voor die Corona-virus verdwyn.)  

Eseltjiesrus-geskenkwinkel:

Kom kuier vir ons hier!

'n Boek is die magtigste wapen ...

Ondersteun 'n donkie deur 'n geskenkie te koop.

Hier is 'n ietsie vir 'n ieder en 'n elk.

Geskenke wat met baie liefde vir die geskenkwinkel gemaak is:  
Dit was loutere vreugde om geskenkies te maak - met die gedagte dat daar vir almal 'n ietsie moet wees wat in hulle begroting sal inpas - veral vir die kinders en skoolgroepe wat die donkiehemel besoek. Dit is altyd lekker om 'n ietsie te koop by 'n plek waar daar 'n stukkie van jou hart agterbly. Met nuwe idees en ywer, gaan ek werk vir die volgende besending artikels wat hulle lêplek op 'n rak in die besondere geskenkwinkel gaan vind.  

Skinkborde:


Drupmatjies:





Skryfbehoeftes:


Vuurhoutjiehouers:


Pakkies Snesies:








































No comments:

Post a Comment