'n Rooiletterdag verander na sonneblomgeel


Saterdagoggend is my vlug van Johannesburg na Kaapstad bespreek - met koue wat sulke vlae tussen murg en been inwaai. Asof dit nie genoeg is nie, word daar met elke nuusbulletin melding gemaak van die stormweer in die Kaap - en dis waar ek moet gaan land!

En dan land ek reg langs Jak de Priester! Die koue het in 'n oogwink verdwyn en die reis het gans en al te vinnig verbygegaan. My reisgeskenk op 'n andersins moeilike vlug.