Sondela


Klik HIER en kom kuier saam met ons by Sondela!

Die betekenis van tulpe



In die uitgestrekte en fassinerende taal van blomme, neem die tulp 'n spesiale plek in. Dit word deur baie beskou as die simbool van ideale liefde, suiwer en opreg. Die blom se sober elegansie, vry van oormaat, maak dit perfek om ware emosies oor te dra, sonder om indringend of buitensporig te wees.

Om tulpe te gee is dikwels gelykstaande aan om op 'n diskrete maar intense manier te sê "Ek waardeer jou vir wie jy is".

'n Enkele blom, soos genoem, kan 'n simbool wees van ontluikende liefde of 'n unieke gedagte wat aan die persoon gerig is. Drie tulpe kan geluk en voorspoed uitdruk, 'n wens vir geluk wat gepaard gaan met 'n positiewe gees. Sewe word dikwels aan 'n diep, amper geestelike liefde gekoppel.

[Klik HIER vir verdere inligting.]

'n Flentertjie Vrydag-terugflits: 'n Twizza-verkleurmannetjie


* Wat het ek tog van skole se entrepreneursdae geweet? Absoluut niks, ek het nie kinders nie! 
* 'n Paar jaar gelede het ek, in my onkunde, 'n verspotte bydrae gemaak.

Die nabygeleë hoërskool se graad 8's het hul entrepreneursdag gehad. Leerders is in groepies van 4 verdeel en elke groepie moes artikels maak om aan medeleerders te verkoop. Die dogter van vriende, Shalom, se groepie het besluit om seunspette te maak. Sy kom by my kers opsteek. Natuurlik ken ek 'kers opsteek': ek sal aanbied om die pette te maak. Ek kan nie naaldwerk doen nie, moet hierdie idee laat sneuwel, vandaar al my vrae: het julle 'n naaimasjien, 'n patroon, materiaal, garing, en les bes, is daar leerders wat genoeg geld sal hê om van die pette te koop? 

*Uit jammerte, bied ek aan om 'n paar bottels koeldrank te koop en die bottels 'aan te trek'. So gedoen en die bottels in die yskas gehou tot die belangrike dag.
*Ek het gedink dit was 'n oulike idee, oorspronklik en prakties: 'n op-die-plek-dorslesser. 
Geen terugvoer nie, ek wou darem geweet het hoeveel punte ek verdien het!
*Gelukkig leef die leerder, nog op hoërskool, in ons buurland.