Dikhololo: 'n gesinsgeoriënteerde vakansieoord

Dikhololo is op 'n gesinsgeoriënteerde vakansieoord op 'n wildplaas net minder as 'n uur se ry vanaf Hartebeespoort en dit bied 'n onvergeetlike eko-ervaring. Die oord spog met wêreldklasgeriewe wat die Body Bliss Day Spa en 'n restaurant en kroeg met 'n lisensie, insluit. Diere soos kameelperde, bokke en sebras loop vrylik rond en daar is ook talle voëlspesies.

Die oord het 'n aantal aparte kampe waarvan die meeste hulle eie swembaddens het. Die selfsorg-eenhede het elkeen hulle eie braaigeriewe en die oord het ook 'n groot hoofarea met 'n restaurant en kroeg. Elke eenheid beskik oor 'n TV met sekere DStv-kanale, linne en badhanddoeke.

Die oord spog met 'n waterwurm, verhitte swembad, 5 tennisbane en 2 muurbalbane. Dikhololo bied ook konferensie- en spanbou-geriewe, sowel as 'n klein winkeltjie, klimraam, pool-tafel, lapa, speelgrond, putt-putt-baan, tafeltennis, vlugbalbaan en geskenkwinkel.

Die wildreservaat is 'n paradys vir natuurliefhebbers en gaste kan diere soos kameelperde, sebras, elande, blouwildebeeste, rooihartebeeste, koedoes en rooibokke van nader beskou.

Klik HIER as jy graag hierdie wildreservaat wil besoek.

Klik HIER vir 2024-foto's van Dikhololo! 

No comments:

Post a Comment