Wolke in die Wes-Kaap is wolkwonderlik

Donderdag was die wolke hier in Somerset-Wes ongelooflik mooi. 'n Mens kan op een plek staan en 360 grade in die rondte draai en elke opkyk is 'n skildery deur die groot Meester self. Ek het 'n wolkpassie, miskien sal ander dit dalk 'n wolkfobie noem, maar elke dag word ek gedwing om in nederigheid na hierdie spesiale stukkie skepping te kyk. 

In Somerset-Wes ervaar jy die wind uit alle rigtings en die meeste van die tyd kom 'n mens windverwaaid ingewaai by jou voordeur. Maar hierdie selfde wind waai ook wolkboodskappe deur die lug, maar ons mense is dikwels so gejaag dat ons nie opkyk om die wolkwonders te sien nie.

[Klik HIER vir nog wolkfoto's.]

No comments:

Post a Comment