Houtsneejuwele uit my ma se hand

My ma se handewerke pryk in haar kinders
se huise - juwele waarvan die waarde ver
bo dié van korale is. 
Gaan kyk
HIER na nog van haar
houtsneewerk.

 

Donkiedierbares

Kom kuier gerus vir my HIER. Ek is baie 
ouliker as wat jy ooit kan dink!

 

2011 Kersnaweek in Gauteng

Kersfees, 9 jaar terug in Benoni, saam met oom Schalk,
Henry en Alda en Jaco en Ronell. Janeke en Gizela was ook
saam na die arkmark.

Diere-aanneming red lewens

Diere-aanneming red lewens. 'n Gelukkige dier kry 'n nuwe huurkontrak op die lewe. Dit is spesiale mense wat dit doen. Daar is verskillende soorte aannemings. Twee van die aannemingsprosedures wat my interesseer is die donkies wat 'n mens by Eseltjiesrus kan aanneem en dan die aanneming van weesbobbejaantjies. Die ure se geduld, tyd en geld wat mense en individue hieraan spandeer, is prysenswaardig. Gaan maak gerus hier 'n draai om na die weesbobbejaantjies te kyk.

Kersfeeswense 2020

Die donkie het Josef en Maria tot by die stal in
Betlehem geneem. Met liefde vir 'n
vreugdevolle dag.