Bedaarde en bejaarde bure 'n aanwins tot ...

Stil en saggies het hulle hul nes tussen die pilaar en die dak gebou. Geen grassie, stokkie of nesmeubels is op die stoep gemors nie. Verbasend. Dis nie hoe ek duiwe ken nie. Selfs die gereelde wit blertse wat hulle teenwoordigheid verraai, was afwesig. Ek weet. Ek is die een wat my stoep moet skoonmaak. Dus was ek aanvanklik onbewus van hulle teenwoordigheid. In een van hulle onbewaakte oomblikke vlieg hulle na hul huis, terwyl ek buite myne staan. 

Ek noem dit een Sondagaand vir Alda tydens een van ons gesprekke en simpatieloos stel sy voor dat ek hulle na sononder met water moet gooi - totdat hulle die pad vat. Hierdie is dié een indringer wat nie regte het nie. Hulle spesialiseer in mors ... veral op stoepe en voor jou voordeur, sodat dit lyk asof jou blyplek in pas met die omgewing is. Afhangende van watter vrugtebome of bessiebome hul vrug dra, verander die kleur van hierdie morsery.

Ek was heel tevrede met hul blyery, selfs hulle vryery, want hulle was stil bure - hulle lawaai nie, het nie hope vriende wat vir hulle kom kuier nie en ons gemeenskaplike stoep bly skoon. Ek het regtig geen rede om in die aand met 'n beker koue water hulle verblyfregte kort te knip nie.

Hulle lê eiers en nie lank nie, toe word ek ouma van twee geveerdes. Van die voordeur af het ek soos 'n nuuskierige buurvrou betaam, 'n goeie uitsig op die doen en late van die uitgebreide gesinnetjie. En dis net hier wat my lankmoedigheid kortstondig verander in ongelukkigheid. Hulle mors en bemors my stoeptrappie asof hulle wil opmaak vir die weke van netheid. Hulle weet dat mense se simpatie by die kleintjies lê en dat hierdie kleintjies in die nes hulle waarborg vir 'n sorgvrye blyplek is. Maar ek het nuus vir hulle.

Ek het gaan navorsing doen en volgens Google vlieg babaduifies eers na ses weke!! Ses lange weke van mors - ek hoop ek kan uithou tot dan. Die goeie nuus is dat duiwe nie weer dieselfde nes gebruik nie en indien hierdie ouers dit nie weet nie of dalk hulle kultuur wil verander, sal ek hulle aan dié lewensfeit herinner. 'n Mens kan ook jou helpende hand net so ver uitsteek, voordat die rumatiekpyne dit vir jou moeilik maak om heeltyd met 'n uitgestrekte arm te staan.

Daar is altyd iets om voor dankbaar te wees - daar is nie ses kleintjies nie, net die ses weke!! 

Internasionale Donkiedag

8 Mei is wêrelddonkiedag. 

Die enigste manier om die mense se aandag wêreldwyd op die deugde van die donkie te vestig en die rol wat die donkie in die geskiedenis van die mens gespeel het, is om 'n internasionale donkiedag te hê.

Wie se idee was dit om 'n dag aan die nederigste van nederige diere af te staan?

Dié dag is die breinkind van Raziq Ark. 'n Wetenskaplike wat hoofsaaklik geïnteresseerd was in woestyndiere. Hy het so 'n ruk terug agtergekom dat niemand regtig die rol wat die donkie gespeel het en nog steeds speel erken nie. Inteendeel, baie donkies wat nog steeds diens doen, word sleg behandel en ook mishandel. Dankie tog, vir 'n plek soos Eseltjiesrus - 'n stukkie paradys vir elke donkie.

Kontak (023 625 1593) gerus vir Eseltjiesrus en maak 'n bydrae om hierdie afgetrede, voorheen hardwerkende esels se lewe makliker te maak. 

Kontakdetails
Tel: +27 (0) 23 625 1593
Fax: +27 (0) 86 614 7777
E-pos: info@donkeysanctuary.co.za
GPS: S33° 55' 32.85", E19° 51' 58.32"

My ideale pensioenkarretjie

 

Die voordeel van hierdie kar is die feit dat ek dit nooit hoef te was nie en ook nie hoef gras te sny nie. Kan 'n mens so gelukkig wees? 

Maders Slaghuis in Pretoria

'n Slaghuis met 'n persoonlikheid

Klik HIER vir nog foto's!

Dolphin Whisper Gastehuis - 'n sielsbatteryherlaaier

Dolphin Whisper Guest House & Spa is 'n unieke gastehuis, sonder gelyke, in die klein dorpie, Cullinan. Vir moeë Gautengers is dit die ideale wegbreekplekkie wat 'n klipgooi van hulle af is. Dis 'n plekkie wat jou laat ontspan, jou battery laai, en jou krag gee om werksprobleme met nuwe ywer te hanteer.

Klik HIER vir nog foto's.

Magaliespark 2023 - perfekte weekwegbreek

'n Mens begin jou dag by Pica Pau
restaurant by Magaliespark!