ATKV-oord: Buffelspoort

Volg die pyl na 'n heerlike vakansie saam met die buffels van Buffelspoort!

Klik HIER vir foto's van Buffelspoort. 

Kroondal: Lentevlooitjie


Lentevlooitjie se eie donkie wat oor die onderdeur loer!

Klik HIER vir nog foto's!

Dikhololo: 'n gesinsgeoriënteerde vakansieoord

Dikhololo is op 'n gesinsgeoriënteerde vakansieoord op 'n wildplaas net minder as 'n uur se ry vanaf Hartebeespoort en dit bied 'n onvergeetlike eko-ervaring. Die oord spog met wêreldklasgeriewe wat die Body Bliss Day Spa en 'n restaurant en kroeg met 'n lisensie, insluit. Diere soos kameelperde, bokke en sebras loop vrylik rond en daar is ook talle voëlspesies.

Die oord het 'n aantal aparte kampe waarvan die meeste hulle eie swembaddens het. Die selfsorg-eenhede het elkeen hulle eie braaigeriewe en die oord het ook 'n groot hoofarea met 'n restaurant en kroeg. Elke eenheid beskik oor 'n TV met sekere DStv-kanale, linne en badhanddoeke.

Die oord spog met 'n waterwurm, verhitte swembad, 5 tennisbane en 2 muurbalbane. Dikhololo bied ook konferensie- en spanbou-geriewe, sowel as 'n klein winkeltjie, klimraam, pool-tafel, lapa, speelgrond, putt-putt-baan, tafeltennis, vlugbalbaan en geskenkwinkel.

Die wildreservaat is 'n paradys vir natuurliefhebbers en gaste kan diere soos kameelperde, sebras, elande, blouwildebeeste, rooihartebeeste, koedoes en rooibokke van nader beskou.

Klik HIER as jy graag hierdie wildreservaat wil besoek.

Klik HIER vir 2024-foto's van Dikhololo! 

Saterdag: Ons Dikhololo-tradisie

Ons moes ons roomys-etery saam met ons tweede laaste wildrit kombineer, want die tyd was nie aan ons kant nie. 

Klik HIER vir nog Dikhololo-foto's.

Wolke: die spookasem en malvalekkers van die hemelruim


Klik HIER vir nog wolkfoto's.

Dikhololo - my hartsplek


... die plek waar ek my as in die wind gestrooi wil hê, sodat ek elke dag 'n blik oor die diere van die veld kan hê ... vir altyd!

Klik HIER vir 2024 se Dikhololo-foto's.

Telefone - 'n seën of 'n vloek?

Lank voordat ene Martin Cooper in 1973 die eerste selfoonoproep in New York gemaak het, het heelwat huishoudings in die land Telkom-landlyne gehuur.

'n Eenvoudige instrument, maklik om te gebruik, selfs 'n bobbejaan sou dit kon gebruik. Rekeninge is stiptelik ontvang en betaal. Vir jare was hierdie telefone 'n bron van gerief en vreugde - die lewe was 'n lied.

Net soos die Covid 19-pandemie jare later in 2020, het allerhande tegnologiese katoeters die aardbol getref, waaronder die selfoon. Deesdae besit feitlik almal op twee bene wat asemhaal selfone, van bogsnuiters tot oupa en ouma. Díé noodsaaklikheidjie het baie voordele , maar ook baie nadele: mense teister mekaar met allerhande lastighede, vir baie mense het dit in 'n verslawing ontaard, hulle gebruik dit soos 'n draagbare suurstofsilinder waarsonder hulle nie kan asemhaal nie. Jammer; gun elke diertjie sy plesiertjie.  

Dan is daar die bittereinders wat vir lewe en dood steeds klou aan die Telkom-fone. Ek is een van dié bittereinders omdat ek tegnologies gestrem is. 

Geleidelik het die Telkom-landlyn aan die einde van sy getaande oorheersing gekom. Kabels is gesteel en vervang, telefone is soms vir weke en selfs maande buite werking. 

Dan die gevreedsde dag: kabels is nie meer beskikbaar nie en summier weg met dié fone.

Wat nou? Die nuwe Telkom FLLAWi-fi-phone met hotspot capabilities word op ons afgedwing. 

Die bron van gerief en vreugde verander in 'n bron van frustrasie, pyn en lyding.

Iewers het iemand nie net my foon se capabilities vasgelê nie, maar ook die basiese funksies van oproepe maak en ontvang. My foon word 'n bidfoon.

Vóórdat jy 'n oproep maak of ontvang, bid jy eers en as jy na vele pogings suksesvol is, dan sê jy dankie, ook omdat jy nie een of ander toeval gekry het nie, en dat jou lewe gespaar is.

My lys van matrooswoorde het aansienlik aangegroei. Padwoede ... foonwoede!

Maar bidfoon, jy het aan die einde gekom van jou mensekastyding, jy gaan terug na waar jy vandaan gekom het, heel waarskynlik 'n Telkom-stoorkamer of jy gaan, soos die lappop ook op 'n ashoop beland. Ek is jammer, ek wou jou gebruik, geniet en waardeer het, maar jy het dit onmoontlik gemaak. Vaarwel dus, rus in vrede.

Ek het darem 'n goedkoop armmanselfoon maar ook met 'n probleem - hy moet aanhoudend gelaai word. As dit kos was wat hy elke keer gevoer is, was hy teen hierdie tyd so groot soos 'n 32"-platskermtelevisie. (flat screen)

Maar feite is feite : ek is in die verkeerde eeu gebore. Ek sou beter gevaar het saam met die Voortrekkers oor die Drakensberge. Hierdie verligte een, met sy ingewikkelde, intimiderende vooruitgang en my breinselle is nie op dieselfde golflengte ingestel nie en so sal dit bly tot in lengte van dae.