Broer Tom vra: ...

Hoe kunstig was my Moeder?

Dit gaan baie, baie jare terug. Haar vermoë om met 'n naald en gare te toor. Hoe sy Meisie se rokkies gesmok het en al ons kleertjies gemaak het.

Sy was 'n baasbakster. Van kleinkoekies tot die grootste gebak. Vrugtekoeke was haar spesialiteit. Sy het ouboet Theo se troukoek gebak. Die versierings in daardie tyd, was troukoeke met vlerkies. Sy het elke laag se vlerkies presies dieselfde gemaak. 

Sy het verskeie toekennings by die VLU gekry vir haar bakwerk. Sy het ook haar ander twee seuns se troukoeke gebak. Sy was ook 'n spesialis met haar koeksisters. Sy kon maklik sestig dosyn koeksisters vir 'n kerkbasaar bak en al sestig was ewe groot.
Koekversierings het sy met soveel passie aangepak, dat elke vrugtekoek 'n wenner was.
In haar kombuis was sy die koning. Sy het selfs Allen Park se tuiste se kombuis behartig en maaltye vir 5o tot 60 mense voorberei.

Sy het later jare in haar aftreetyd met houtsneewerk begin. Ook daarvan het sy 'n reuse sukses gemaak. 
Sy het verskeie muurhorlosies gemaak, kapstokke, sleutelhouers, hoekrakke en spieëls.
Geen uitdaging was vir haar te groot nie. 

Sy was voorwaar kunstenaar in haar eie reg.  

Lewenswaarhede

Kom maak 'n draai HIER by lewenswaarhede wat
ek graag kombineer met blomme uit my tuin of
met my kaartjies. 

 

Mr Delivery tot u diens

Koop al jou geskenke by Eseltjiesrus se geskenkwinkel
en slaan twee vlieë met een klap. Gaan loer
HIER om van die geskenke-idees te sien. 


 

Houtsneejuwele uit my ma se hand

My ma se handewerke pryk in haar kinders
se huise - juwele waarvan die waarde ver
bo dié van korale is. 
Gaan kyk
HIER na nog van haar
houtsneewerk.

 

Donkiedierbares

Kom kuier gerus vir my HIER. Ek is baie 
ouliker as wat jy ooit kan dink!