Wil jy 'n daadwerklike verskil maak? Klik HIER om die volledige nuusbrief te lees!!
Liz' thoughts
Ons Huis is 'n aktiewe blog met leesstof tot nadenke. Oor die 86 000 e-besoekers het al hier gekuier en bydraes van oor die land word na hierdie blog gestuur. My gedagtes is in Engels om ook iets vir die oorsese e-besoekers te gee. Hierdie gedagtes is nie bedoel om almal gelyk te lees nie, maar om dit proe-proe te lees en daaroor te dink.
Geniet dit!
Vandag ploeg ek met 'n ander man se duiwe ...
Ek dra hierdie gedig op as my vredeslied aan my dakduiwe wat my kort-kort nog die hoenders inmaak, maar ek verduur en verdra hulle, want is hulle nie die simbool van vrede nie?
Die strorie agter Brixton se sonsondergangfoto ...
Brixton se sonsondergange is baie mooi, maar daarvoor moet jy na plekke, hoogtes en dieptes loop. En dis hierdie deel wat my liefde vir sonsondergange en sonsondergangfoto's pootjie. Brixton is nie misdaadloos nie en om oop en bloot met my kamera foto's te neem, is om kitskos vir 'n skelm te gee - vinnig, waardevol en sonder moeite van sy kant af.
Daarom het ek foto's vir Fanie gestuur van my beperkte en ingeperkte ruimte en gevra dat hulle 'n bietjie foto's in hulle omgewing moet neem en dan kan hulle sommer ook Strand toe ry vir mooi sonsondergangfoto's en dit aanstuur. Hierdie foto dien as bewys dat dit onmoontlik is om hier (by my) 'n mooi sonsondergang af te neem.
Klik *HIER en HIER om te sien dat daar wel dapper Brixtonners is wat mooi foto's neem of lank terug geneem het.
![]() |
| *Foto van FB en nog een *HIER |
My liefde vir wolke en om wolke af te neem, is nog een van my baie passies. Die foto hierbo is 'n kombinasie van wolke en die vuur wat die son oor die wolke spuug net voordat dit die dag in Brixton in kleur vaarwel roep. Geen kunstenaar kan die Groot Kunstenaar naboots en 365 verskillende sonsondergange op een plek bied nie.
*Bron: FB Brixton Community News & Events
Sonsondergang in Brixton
Brixton sal nie in 'n reisgids geadverteer kan word met al die byvoeglike naamwoorde en werkwoorde wat 'n dorpie by die see byvoorbeeld te beurt sou val nie. Die holrug geryde goue strande, snorkeldiepsee- of rivierhengel, vlieërbrandery en watersport is nie van toepassing op Brixton nie. Maar Brixton se sonsondergange kan egter enige tyd meeding met die sonsondergange by die see.
George R. R. Martin het gesê dat as die son ondergaan, kan geen kers dit vervang nie.
Die tragiese is dat met al die misdaad die nuwe dag nie noodwendig vir die inwoners van Brixton beskore is nie. Elektriese heinings, lemmetjiesdraad, alarms en hoë mure hou nie die diewe uit nie, slegs die mooi natuurskoon, want in jou sel met 'n straatadres, moet jy liefs binnebly.
Subscribe to:
Posts (Atom)





